20 Merensky rugbyspelers by Bokkieweek

2016 o.14 Bokkieweek rugbyspelers

Hoërskool Merensky het stem dik gemaak by die afgelope Noord-Transvaal Bokkieweek. Hierdie spesiale spele het plaasgevind op 4 tot 8 Julie te Kroonstad.

12 o.14-Merenskyspelers het vir die Verre-Noord- en Kavalierspanne gespeel: Ebertus Schnettler, Gerhardus Fourie, Duan Gubitz, Pieter Engelbrecht, Dawie van Heerden, WB Grobler, Jan Naudé, Wikus Swart, Rinus Jacobs, Duan Rossouw, Ruan van der Schyff en Tiaan Tonsing.

8 o.19-spelers het vir die seniorspanne op die veld gedraf: Ettienn Slabbert, Armand Steyn, MJ Bench, Wynand Scholtz, Richard Coleman, Ruurd Jacobs, JD le Grange en Jean-Luc Burger.

In die o.14-kamp is Jan Naudé uiteindelik gekies vir die Presidentspan en Dawie van Heerden gaan later dié jaar saam met die Duikers (die nasionale o.14-Bokkieweekspan) toer.

By die Limpopo-ligafinale op Saterdag, 23 Julie sal die Merensky o.14- en eerstespanne hul slag by HTS Tom Naudé in Polokwane wys. Die o.14’s kom teen Hoërskool Ellisras te staan, terwyl die eerstespan teen dié van Hoërskool Ben Viljoen, Groblersdal gaan uitdraf.

FOTO:

MERENSKY O.14-SPELERS
Voor:
Ebertus Schnettler, Gerhardus Fourie, Duan Gubitz en Pieter Engelbrecht.
Middel: Dawie van Heerden, WB Grobler, Jan Naudé en Wikus Swart.
Agter: Rinus Jacobs, Duan Rossouw, Ruan van der Schyff en Tiaan Tonsing.