
Hoërskool Merensky is besonder trots op 23 hokkiespelers wat gekies is vir hierdie jaar se Limpopo dogters- en seunshokkiespanne.
In die o.14 dogterspan is Tarien van Staden, Nikita Fouché, Amerie Kotze, Chloe Beretta en Hope Muvhango opgeneem. Precious Maswanganyi en Danielle Kasselman is gekies vir die o.16-span
Deel van die o.14A-seunspan is Marais Botha, Jamin Schuch en Wilco Botha, terwyl Tristan Dale, Christiaan Swart en Matthew van der Merwe vir die o.14B-span gaan uitdraf. Tiaan Joubert, Keagan Meyer en Ockert Schoeman is gekies as reserwes. Kyle-Bradley Hamilton en Tiaan Viljoen speel vir die o.16B-span.
Groot kanonne Ryan Jackson, Dillon de Lange, Donovan van Tonder en Masilo Mabilo is opgeneem in die o.18A-span met Luann Botha in die o.18B-span.