3de Ligabyeenkoms vir Landlopers

Agter: Francois Nothnagel, Louis Haynes, Kean van Tonder en Anri McLean. Voor: Jade Coppen & Jamie Coppen.

FOTO:
Agter:
 Francois Nothnagel, Louis Haynes, Kean van Tonder en Anri McLean.
Voor: Jade Coppen & Jamie Coppen.


Op Saterdag, 26 Mei, het Hoërskool Merensky se langasems aan die 3de ligabyeenkoms te Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal deelgeneem.

Die uitslae is as volg: Anri McLean (o.23) 5de, Jamie Coppen (o.16) 9de, Francois Nothnagel (o.23) 11de, Jade Coppen (o.16) 14de, Kean van Tonder (o.14) 15de en Louis Haynes (o.23) 17de.

Dié landlopers sien uit die interprovinsiale byeenkoms op 16 Junie te Zeerust. Die volgende ligabyeenkoms is geskeduleer vir 21 Junie te Stanford Lake College en die LIMA-kampioenskappe sal op 4 Augustus in Polokwane plaasvind.