5, 6, 7 aksie in Polokwane

Sport in Polokwane

FAST 5

In die vriendskaplike PHS Hyundai Blitzfees by Hoërskool Pietersburg op Saterdag, 8 September, het Hoërskool Merensky se netbal Fast 5 o.17-span geseëvier en met goue medaljes van die baan gestep. Hulle het nie een wedstryd teen Hoërskole Nylstroom, Tom Naudé of Pietersburg verloor nie.

Die o.15’s verwerf brons met wentellings teen Nylstroom se o.15- en o.17-spanne.

QUICK SIX

In die Quick Six hokkie-afdeling het die Plasie o.17-seuns stem dik gemaak en eerste geeindig nadat hulle PHS in die finaal 4-2 verslaan het. Jaco van Staden is aangewys as senior seunspeler van die fees. Die o.15-seuns- en o.17-dogterspanne eindig in die 4de-plek.

LIMPOPO 7’s

Alhoewel Merensky se o.17-seuns in Poel C tydens die Limpopo 7’s finaal by PHS slegs hul wedstryd teen Heuwelkruin kon wen, het die o.15’s by HTS Tom Naudé opgemaak met wentellings teen Mitchell House (68-0) en HTS Tom Naudé (26-5). In die beker semi-finaal het hul vasgeval teen Ben Vorster en teen Ellisras in die plaat finaal te staan gekom. Met ‘n pragtelling van 35-5 het die span breëbors die plaat ontvang.