80-jaar Viering Oud-onderwysers Inligting

Oud-onderwysers van Hoërskool Merensky is baie welkom om die naweek van 22-24 April saam met die Plasies deur te bring.

Peet Vorster en Henriëtte Haar sal as gasheer en -vrou optree, en ‘n spesiale program word vir u beplan.

Kontakbesonderhede

Peet Vorster – 082 805 8689

Henriëtte Haar – 083 507 7169

Epos adres: leerdersake@hsmerensky.co.za

Program

Ons sal dit waardeer as u (behalwe vir die ander gebeure) spesifiek die volgende kan bywoon:

VRYDAG, 22 APRIL 2016

12:00 – Saalafsluiting saam met leerders (Gratis)

SATERDAG, 23 APRIL 2016

13:30 – Oud-onderwyserete in die koshuis-eetsaal (Gratis)

SONDAG, 24 APRIL 2016

09:00 – Lofprysingsdiens saam met Willie en Natasha Joubert op die pawiljoen (Gratis)

ONS STEL VOOR:

VRYDAG, 22 APRIL 2016

19:00 – Ete-In-Die-Laan met gaskunstenaars Willie (oud-Plasie) & Natasha Joubert en Righard Linde (oud-Plasie). (R250 pp – sluit spitbraai-ete in.)
Bespreek kaartjies aanlyn of by die skoolkantoor.

Verblyf

Vir u gemak is die volgende kwaliteit verblyf beskikbaar in Tzaneen, indien u daarvan gebruik sou wou maak.

Pryslys - Naweek - Groep Besprekings

Kontak asseblief vir Peet of Henriëtte indien u enige verdere inligting verlang!

Plasiegroete.