Agent 007 laat liefde blom op Plasieland

Op 11 Februarie het die graad 11-leerders van Hoërskool Merensky die jaarlikse Valentynsdans aangebied. James Bond en sy 007-spanlede het gesorg vir ‘n suksesvolle “Spectre”- en “Skyfall”-geleentheid op maat van musiek, in ‘n pragversierde skoolsaal.

Die Plasies het meegedoen aan die tema en tot laat gedans op die musiek van Merensky DJ’s Jason en Mpho. “Mocktails – shaken not stirred” het gehelp om die hitte te trotseer.

‘n Paar pryse is deur die loop van die aand toegeken:
Mnr. en Me. Bond Senior was Armand Steyn en Xané du Toit.
Mnr. en Me. Bond Junior was Ryan Jackson en Lianca Pieterse.
Die bes geklede juniors was Niel Delport en Liza-Ri Snyman en by die seniors gaan die toekenning aan Salman Ishani en Gavaza Mashele.

Die graad 11’s het weereens bewys dat hul ‘n groep is om mee rekening te hou.