Agri-Merensky groet oom Paul

FOTO
Voor: Dominique Blandin D. Chalaine, Iszabella le Roux, Charné Möller, Johan Oberholzer en mnr. Jan Potgieter.
Agter: Mnr. Arno Last en Timothy Venter.


Op 25 Augustus het lede van Ari-Merensky met ‘n swaar hart afskeid geneem van oom Paul Bester (68), voorsitter van die Pinzgauer-telersgenootskap en kuddebestuurder van die ZZ2-stoetery by Mooketsi. Oom Paul is oorlede na ‘n kort siekbed.

Oom Paul was nou betrokke by die vestiging van die Pin2Zyl-kudde op Plasieland. Hy het op praktiese wyse die lekkerte van beesboerdery in die Plasies se harte laat inkruip.