Agri-Merensky in opleiding

Die 2018 Agri-skouspan.

FOTO:
Die 2018 Agri-skouspan.


25 Agri-Merensky klublede het Vrydagaand, 2 Maart, in tente langs die beeskraal oornag, om ligdag gereed te wees vir skouspanopleiding op Saterdag, 3 Maart.

‘n Totaal van 49 klublede is touwys gemaak in die voorbereiding van skoubeeste deur mnre. Willy Stevens en Pieter Gerber, terwyl mnr. Pieter de Lange die voorbereiding van skoubokke behartig het.

Agri-Merensky sien uit na die Plasie Jeugskou wat op Saterdag, 21 April by Hoërskool Merensky plaasvind.