
Tydens 2 tot 5 Oktober het sewe leerlinge van Agri-Merensky Limpopo verteenwoordig op nasionale vlak tydens die Nasionale Jeugskou in Morgenzon.
Die leerders het saam met meer as 500 ander deelnemers, van regoor Suid-Afrika, in die vleisbeeste en vleisbokke-afdelings gekompeteer.
Nicole Muller behaal ‘n vierde plek vir skoumanskap en is algeheel sesde. Iszabella Le Roux is algeheel agtste in die junior vleisbees-afdeling.
Aricia Brooks behaal ‘n vierde plek vir skoumanskap en word vyfde algeheel geplaas. Laryn Prins behaal ‘n agtste plek, en Timothy Venter ‘n twaalfde plek in die senior vleisbees- kategorie.
Onder die vleisbokke het Diané Dent ‘n tiende plek behaal in die senior-afdeling en William Coleman ‘n vyftiende plek in die junior afdeling.