Agri-Merensky skou in Pretoria

Iszabella le Roux en Aricia Brooks.

Vanaf 24 tot 27 Augustus 2016 het 14 van Merensky se Agri-leerlinge aan die interprovinsiale jeugskoukompetisie by die Jacaranda Skou in Pretoria deelgeneem.

Die Merensky Pin2zyl-stoet het hul buiging in die ring gemaak, en in die kategorie “verse onder 36 maande” en “3 verse in ‘n groep” gekompeteer. In die groepklas het Plasieland se verse 1ste, 2de en 3de geeïndig.

Vrydag was dit die leerlinge se beurt om hul skoumanskap ten toon te stel. 5 Seniors en 5 juniors het in die vleisbeeskategorie deelgeneem. 3 Senior- en 1 juniorleerling het in die vleisbokkategorie deelgeneem. In beide kategorieë was die leerlinge beoordeel op kennis, die was van ‘n dier en die voorbereiding vir skou en skoumanskap.

Iszabella le Roux (junior) het 1ste gekom. Aricia Brooks (senior) het ‘n algehele 2de plek behaal. Beide die leerlinge het in die vleisbeeskategorie deelgeneem.