Agri-Merensky spog met Jeugskou

Laryn Prins (senior wenner, vleisbees) saam met die beoordelaar, mnr. Willie le Roux.

Hoërskool Merensky het op Saterdag 7 Mei hul tweede jaarlikse, unieke Plasie-Jeugskou aangebied. Leerders wat aan die Agri-Merenskyklub behoort, kon in die vleisbok- of vleisbees afdeling kompeteer.

Laerskoolleerders is ook uitgenooi om in die junior afdeling deel te neem. Aspirant-skoumeesters, Keagan Meyer en William Coleman, het die geleentheid benut om in die junior vleisbok afdeling baas te speel.

In die senior vleisbok afdeling kraai Diané Dent koning, met Janet Schoeman en Charné Moller in tweede- en derdeplekke.

Wat die vleisbees afdelings aanbetref, bewys Jessica Botha weereens haar status as junior boerin met ‘n eersteplek. Izabella le Roux verwerf die tweedeplek en Nicole Muller die derdeplek.

In die senior afdeling skitter behaal staatmaker, Laryn Prins die eersteplek. Nicky Smith en Timothy Venter word onderskeidelik tweede en derde geplaas.

Agri-Merensky gaan op 16 Julie ‘n vleisbees- en vleisbok jeugskouwerkswinkel aanbied. Alle belangstellende laerskoolleerders word uitgenooi om hierdie bemagtigingsgeleentheid by te woon.

Vir besprekings, kontak mnr. OJ le Roux (stoetbestuurder en skouspanafrigter) by 0827766950.