
FOTO
Marguerite Boshoff leer die Plasies.
Daar is nie ‘n rustige oomblik as jy deel is van die Agri-Departement by Hoërskool Merensky nie.
Op 29 Augustus het die graad 11 Landbou-Wetenskaplikes die voorreg gehad om by Westfalia Kwekery besoek af te lê. Daar het Elisma Minnaar en Marguerite Boshoff (kwekerybestuurders en oud-Plasies) hul in die fyner kuns van enting van onder-en bostamme ingelei. Hulle het ook ‘n praktiese demonstrasie van klonale voortplanting met avokado’s bygewoon.
Op dieselfde dag het die graad 10 en 11 Landboubestuur-leerders ‘n praktiese sessie in die onthoring en brandmerk van beeste deurloop. Hierdie kursus is aangebied deur mnr. Dirk Potgieter van ZZ2.
[supsystic-gallery id=108 position=center]