2015 Matriekuitslae

Merensky lewer 2 bestes in Limpopo!

Ten spyte van al die negatiewe kommentaar in die media oor die swak matriekuitslae, kan Hoërskool Merensky met trots sê dat die klas van 2015 die skool se naam hooggehou het. Hierdie uitslae bevestig Merensky se akademiese uitnemendheid.

Twee Plasies, Andrea Devenish en Kristie Badenhorst is uitgenooi na die Limpopo prysuitdeling wat op 6 Januarie in Polokwane plaasgevind het. Andrea is negende in die Top 30 presteerders en is aangewys as die beste Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) leerder in die provinsie. Dit is die derde jaar in ‘n ry dat Merensky met hierdie toekenning wegstap. Kristie spog met die toekenning vir die beste Besigheidstudies leerder in Limpopo.

Andrea Devenish, Thokozile Khoza en Kristie Badenhorst het ook die beste uitslae behaal in die Tzaneen-kring.

TOP MERENSKY-KANDIDATE

9 onderskeidings: Andrea Devenish
8 onderskeidings: Thokozile Khoza
7 onderskeidings: Kristie Badenhorst, Ditebogo Khutamo en Naledi Mailula
6 onderskeidings: Cassius Machimana, Charmaine Sekgota en Melany Young
5 onderskeidings: Kayla Crous en Monique de Lange
4 onderskeidings: Reshoketswe Bopape, Mynhard Bouwer, Christelize Elbrecht, Carlize Katzke, Soné Norie, Bennie Osmers, Eccentia Shilubana en Nané van Wyngaardt.

ANALISE VAN RESULTATE

Totale kandidate ingeskryf : 163
(1 Kandidaat kon nie eksamen skryf nie as gevolg van ernstige Hepatitis.)
Slaagsyfer: 99%
Totale onderskeidings: 257
(‘n Verbetering van meer as 30 A’s vanaf 2014. Gemiddeld van 1.6 onderskeidings per kandidaat.)
Aantal Baccalaureus kandidate: 112
(70% – Dit is ‘n noemenswaardige verbetering op 2014 se 59%.)
Aantal Diploma kandidate: 45 (28%)
Aantal Hoër Sertifikaat kandidate: 3 (1.87%)

Merensky bring graag hulde aan elke matrikulant vir sy/haar toewyding en deursettingsvermoë.

Die 2015 matriek Plasie-sterre