Presidentstoekenning

Die Internasionale Toekenningsprogram om die jeug te bemagtig.

Presidentstoekenning vanaf 2013

VEREISTES VIR BRONS-VLAK

Minimum tyd: 6 maande
Gemeenskapsdiens: 24 uur, oor 3 maande
Sport: 6 (of 3) maande
Vaardigheid: 3 (of 6) maande
Registrasie ouderdom: 14 jaar of ouer

STAPTOG

Tydsduur: 2 dae, 1 nag
Afstand: 24km
Beplande aktiwiteite: 12 ure (6 ure per dag)

Skep ‘n joernaal waarin alle aktiwiteite aangedui word.

medal-bronze


VEREISTES VIR SILWER-VLAK

Minimum tyd: 6 maande
Gemeenskapsdiens: 48 uur, oor 6 maande
Sport: 6 maande
Vaardigheid: 6 maande
Registrasie ouderdom: 15 jaar of ouer

STAPTOG

Tydsduur: 3 dae, 2 nag
Afstand: 48km
Beplande aktiwiteite: 21 ure (7 ure per dag)

Skep ‘n joernaal waarin alle aktiwiteite aangedui word.

medal-silver


VEREISTES VIR GOUD-VLAK

Minimum tyd: 12 maande
Gemeenskapsdiens: 72 uur, oor 12 maande
Sport: 12 maande
Vaardigheid: 12 maande
Registrasie ouderdom: 16 jaar of ouer

STAPTOG

Tydsduur: 4 dae, 3 nag
Afstand: 80km
Beplande aktiwiteite: 32 ure (8 ure per dag)

Skep ‘n joernaal waarin alle aktiwiteite aangedui word.

medal-gold


Presidentstoekenning Nuus

Stap is nie altyd maklik nie

Gepubliseer op
Sewe leerders van Hoërskool Merensky, wat reeds vir die silwervlak van die Presidentstoekenningsprogram ingeskryf het, het onlangs 48km oor rowwe terrein in die Magoebaskloof-gebied voltooi. Oor die naweek van 8, 9 en 10 Februarie het Keightly Mabasa, Katelyn Kurten, Victory Mathebula, Nyasha Patel, Charlize Krause, Palesa Shiluvane en Una Radzuma bewys dat die woorde: " When the going gets tough, the tough gets going!", is absoluut waar. Vogtige toestande, gevalle bome en weggewaste brûe het die naweek in 'n bundu-bashing avontuur verander. Die stappers het by Broederstroomdrif begin en die eerste nag by De Hoekhut deurgebring. Saterdag het hulle na 'n mistige Woodbush-hut gegaan en op Sondag is die staptog…
Kategorieë: Akademie, Presidentstoekenning

Plasies maak ‘n verskil

Gepubliseer op
FOTO: Megan Meyer, Kayla Gaigher, Jaco van Staden, Michaela Stanley, Meggan Cloete, Hardus van Staden & Suandrie Corbett. Deur Suandrie Corbett Ons maak ‘n bestaan deur dit wat ons kry, maar ‘n lewe deur dit wat ons gee – Winston Churchill Vanaf 26 tot 30 November 2018 het 7 Merensky-leerders hul residensiële-projek vir die Goue Presidentstoekenning by Tshega Christian Mission, 30km buite Tzaneen in die Bolubedu gebied, voltooi. Die leerders het die voorreg gehad om ‘n bietjie van hul tyd en liefde te gee, in ruil vir ‘n lewensverrykende ervaring. Die vrywilligers se hooftaak was die verf en versier van die skool se nuwe badkamers. Die Merensky-groep het hul tyd…
Kategorieë: Akademie, Presidentstoekenning

Die president sê: “Knap gedaan”!

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Jenelle de Jonge, Lisa Maguire, Liza-Ri Snyman & Steph-Marie de Lange. Agter: Jan-Carel van Niekerk, Kieran Albertus & Luann Botha. Sewe graad 12 leerders van Hoërskool Merensky het sopas hul goue Presidentstoekennings ontvang. Dit bring die totale getal leerders wat tot op hede hierdie gesogte toekenning ontvang het, op 18 te staan. Jan-Carel van Niekerk, Lisa Maguire, Jenelle de Jonge, Kieran Albertus, Luann Botha, Steph-Marie de Lange en Liza-Ri Snyman moes vir 12 maande vir hierdie finale toekenning ‘n sport beoefen, ‘n nuwe vaardigheid aanleer, 72 ure gemeenskapsdiens verrig, op ‘n staptog van 4 dae gaan, asook ‘n residensiële projek vir 5 aaneenlopende dae voltooi. Noemenswaardig is die…
Kategorieë: Akademie, Presidentstoekenning