Akademiese erkenning duur voort vir Merensky

Greater Tzaneen Prysuitdeling 2019

Die burgemeester van die Groter Tzaneen Munisipaliteit het op 25 Januarie by die Karibu-vakansieoord in Tarentaalrand sy jaarlikse uitnemendheidstoekennings gehou.

Merensky Hoërskool het die volgende toekennings ontvang:

  1. Die toekenning vir onafhanklike en voormalige Model C-skole, met die hoogste aantal leerders wat ‘n Baccalaureus-slaag behaal het, met 181 leerders en 142 Baccalaureusse.
  2. Die toekenning vir algehele toppresteerder van voormalige model C-skole in die kring, Carmi Venter, met ‘n gemiddeld van 91%.
  3. Die toekenning vir die beste presteerder(s) van onafhanklike en voormalige Model C-skole, wat Wiskunde vir meer as 50 leerders aangebied het, met 83 leerders wat ‘n slaagsyfer van 97,6% behaal: Mee Henriëtte Haar en Sunette Stander.