Amber-Leigh wip goud los

Amber-Leigh Mills

Amber-Leigh Mills, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Merensky, het op Saterdag, 9 Maart, haar trampolien-seisoen op ‘n hoë noot begin.

Die eerste kompetisie vir die seisoen het hom by Tukkies afgespeel. Hiér het atlete van verskeie klubs kragte gemeet, ter voorbereiding van die Limpopo proewe en Suid-Afrikaanse kampioenskappe later die jaar.

Amber-Leigh (o.14) het goue medaljes in die “Euro”- en “Mini Tramp”-afdelings ontvang.

Baie geluk, Amber-Leigh, die Plasies is trots op jou!