Amelia en Janco skitter by SA’s

Op 2 Julie het Amelia Middleton en Janco Coetzee van Hoërskool Merensky aan die Suid-Afrikaanse Duathlon Kampioenskappe te Midmar Dam in Kwazulu-Natal deelgeneem. Hierdie kompetisie bestaan uit drie afdelings: hardloop, fietsry en weer hardloop.

Hierdie twee atlete het ten spyte van yskoue weerstoestande hul puik van hul taak gekwyt. Amelia spog met ‘n algehele vierdeplek, terwyl Janco ‘n breëbors vyfdeplek uit een-en-vyftig deelnemers behaal.