Applous vir Plasieredenaars

GRAAD 9-SPAN Ruben Potgieter, Mariesa Schutte, Reynard Pretorius en Marjoné Beukes.

FOTO:
GRAAD 9-SPAN
Ruben Potgieter, Mariesa Schutte, Reynard Pretorius en Marjoné Beukes.


Die uitslae van die Limpopo uitdunronde van die Radikale Redenaarskompetisie is pas bekendgemaak en die Plasiepraters glimlag van oor tot oor.

Vier van die spanne was goed genoeg om lynreg na die nasionale finaal deur te dring. In die Afrikaans Moedertaalafdeling gaan albei die graad 8-spanne (Johan van den Heever, Dezi de Jager, Carl Dohse, Chantelle Meyer, Michelle Robertson, Keynan Fox, Wessel de Kock en Megan Kirstein), sowel as die graad 12’s (Bianca Elbrecht, Christelle Brummer, Liné Fourie en Kyla Schoeman) stem dikmaak.

Die graad 11 Engelse span (Zenesia Nukeri, Danzi Ivy, Aimeé Schoeman en Simran Brahmbhatt) sal ook op 13 Oktober by Hoërskool Garsfontein kragte meet teen die bestes in die land. Sheila Bhuiyan (graad 8) en Jamie Robertson en Amelda Pretorius (graad 10) gaan ook meeding met tweetalige toesprake. Jamie gaan in die English Additional Language-afdeling mond uitspoel.

Die Plasiepraters wat nog eers op streeksvlak in die Afrikaans Moedertaalafdeling op 18 Augustus by Pietersburg Hoërskool sake moet uitspook is Wessel de Kock en Keynan Fox (graad 8), Mariesa Schutte, Ruben Potgieter en Duné Steyn (graad 9), Manica van Schalkwyk, Jamie Robertson en Amelda Pretorius (graad 10).

Albei graad 9-spanne (Mariesa Schutte, Ruben Potgieter, Marjoné Beukes, Reynard Pretorius, Brett Richter, Stef Lordan, Willem-Albert Ludick en Hanno Theunisen) moet ook die streeksfinaal trotseer.

Die twee graad 10-spanne (Suandrie Corbett, Jamie Robertson, Ikne Stucki, Amelda Pretorius, Crystal Kirstein, Bercha Venter, Leoné Slabbert en Kayla Gaigher) en die English Experimental Team (Kapil Kesa, Talhah Makda, Shannon Herrendoerfer en Sibha Mahmood) gaan ook meeding om te kyk of hul kan deurdring na die nasionale finaal.

Gesien dat dit die eerste maal is wat Radikale Redenaars op tuisbodem aangebied is, is Hoërskool Merensky trots daarop dat meer as 70% van die Plasiedeelnemers deurdring na volgende rondes.