As jy val, moet jy gou weer opstaan

Danielle Breedt

Op Saterdag, 18 Augustus, het Danielle Breedt, ‘n leerling van Hoërskool Merensky, en haar perd, Mekadesh Zunata, aan die Capricorn uithourit in Polokwane deelgeneem.

Gedurende die eerste 30km van die 80km-rit, val Danielle van haar perd af, maar dit het nie hierdie Plasie gestuit nie. Alhoewel Mekadesh Zunata skrikkerig was, spring Danielle weer in die saal en druk deur om, met ‘n tyd van 5 ure en 9 minute, steeds ‘n tweedeplek in die juniorgewig-afdeling in te palm.