ATKV-Redenaars 2016: Eerste streeksronde

Die eerste streeksronde van die ATKV-Redenaarskompetisie, 2016, het op 14 en 15 April te Curro Heuwelkruin, Polokwane, plaasgevind.

Die sewentien beste redenaars, wat tydens die skoolrondes aangewys is, het aan die eerste streeksronde gaan deelneem.

Ongeveer 260 redenaars van die Limpopo-Noord-skole het hier deelgeneem. Ons is trots om te berig dat ‘n rekordaantal Merensky-redenaars deurgedring het na die semifinale ronde wat op Vrydag 10 Junie sal plaasvind.

Redenaars wat in die onderskeie kategorieë deurgedring het na die semifinale ronde is:

Afrikaans Huistaal Gr. 8-9 (voorbereide toesprake):
Amelda Pretorius en Suandrie Corbett

Afrikaans Huistaal Gr. 8-9 (onvoorbereide toesprake):
Janco Blignaut, Stefan Corbett, Liza-Ri Snyman en Kesia Pohl

Afrikaans Huistaal Gr.10-12 (voorbereide toesprake)
Bianca Spies en Marlu McLean

Afrikaans Huistaal Gr.10-12 (onvoorbereide toesprake)
Cara Mia Baker, Joseph Raspel en Liné Fourie.

Welgedaan aan hierdie gladdebekke!