ATKV vereer Plasies

Voor: Mapula Matjokotja, Mia Nkuna en Rain Terblanche. Middel: Karen Basson, Joné du Toit, Rhodé Faber, Suandrie Corbett, Mienke Lombard, Manica van Schalkwyk en Andrea van Jaarsveld. Agter: John-Robert Honiball, Michaela Elbrecht, Rynard Mitchell, Rinus Jacobs, Crystal Kirstein en Anke Venter. Inlasfoto’s: Mariesa Schutte, Lizané Van Schalkwyk en Retief Fourie.

FOTO:
Voor: Mapula Matjokotja, Mia Nkuna en Rain Terblanche.
Middel: Karen Basson, Joné du Toit, Rhodé Faber, Suandrie Corbett, Mienke Lombard, Manica van Schalkwyk en Andrea van Jaarsveld.
Agter: John-Robert Honiball, Michaela Elbrecht, Rynard Mitchell, Rinus Jacobs, Crystal Kirstein en Anke Venter.
Inlasfoto’s: Mariesa Schutte, Lizané Van Schalkwyk en Retief Fourie.


Soos gebruiklik het Hoërskool Merensky se graad 8 en 9 leerlinge in 2017 die geleentheid benut om aan die nasionale ATKV Junior Afrikaanse Olimpiade deel te neem.

17 Huistaal leerders het deelgeneem. Crystal Kirstein (graad 9) spog met ‘n silwersertifikaat. Karen Basson, Retief Fourie, Lizané van Schalkwyk, Suandrie Corbett, Rinus Jacobs en Mienke Lombard verwerf bronssertifikate.

Die 3 addisionele taal leerders het besonder goed gevaar. Mapula Matjokotja het ‘n silwersertifikaat ontvang, terwyl Mia Nkuna en Rain Terblanche albei ‘n bronssertifikaat verdien.