Beoordelaar sonder sokkies

Mnr. Chris van Staden, beoordelaar van die musiekafdeling van die pasafgelope Tzaneen Eisteddfod, was behoorlik uit sy skoene geskud deur die aanbieding van die 2017 sêrgroep van Hoërskool Merensky.  In sy eie woorde: “Ek het nie skoene aan nie, because you blew my socks off”. Die groep het met uitmuntende sang ‘n diamanttoekenning (95%) vir hul item verwerf.

Die Plasie-sêrgroep, onder leiding van mnr. Magnus Steyn Jnr en me. Merise Botha, het een van Bouwer Bosch se liedjies Dit klink na lente verwerk vir die geleentheid. Hiermee is geskiedenis gemaak, aangesien dit die eerste keer is dat ‘n plaaslike sêrgroep aan hierdie jaarlikse eisteddfod deelneem.

Van Staden kon nie uitgepraat raak oor die musikale talent in die omgewing nie. Hy het ook telkens in sy repliek verwys na die wonderlike geleenthede wat Hoërskool Merensky aan sy leerlinge bied.

Die Engelse been van die 2017 Eisteddfod vind vanaf 18 tot 23 September op Plasieland plaas. Die gala-aand sal op 28 September in die skoolsaal die jaar se Eisteddfod afsluit.

[supsystic-gallery id=102 position=center]