Boogskiet palm nog medaljes in

Boogskiet

FOTO:
Voor: Renart Botha (Goud YAMBU). Middel: Janco Theron (Silwer, YAMBU), Beneché Jackson (Goud, YAFFU), Ricus Warmenhoven (Goud, YAMFU). Agter: Lin-Mari Theron (Goud, JFBU), Canelle Jackson (Silwer, JFBU).

Merensky boogskietklub het op 21 en 22 November aan hul laaste kompetisie vir 2015 deelgeneem.

Ses skuts keer terug met ses medaljes: vier goud vir Renart Botha, Beneche Jackson, Lin-Mari Theron en Ricus Warmenhoven en twee silwer vir Janco Theron en Canelle Jackson.

Beneché en Ricus skiet albei provinsiale kwalifiserende tellings in die “Young Adults”-afdeling. Lin-Mari spog met twee nasionaal kwalifiserende tellings.