Boogskiettrio by nasionale veldkampioenskap

Sean en Ashley Hunt en Canéll Jackson.

FOTO:
Sean en Ashley Hunt en Canéll Jackson.


Sean Hunt (YAMFU), Ashley Hunt (JFFU) en Canéll Jackson (JFBU) van die Merensky Boogskietklub het, saam met 100 ander skuts, aan die Gautengse Nasionale Veldkampioenskap buite Alberton deelgeneem.

Op 16 en 17 September moes dié boogskiettrio alles uithaal en het hulle hul onderskeie afdelings gewen. Elkeen het 112 pyle laat sing oor afstande van sover as 80 jaart (ongeveer 73 meter). Winderige toestande en ‘n moordende son het Canéll nie gekeer om 2 nasionale kwalifiseerders te behaal nie. Geluk aan Ashley wat op dag 2 ‘n persoonlike beste skiet.