Bronspret in die bos

PT brons stap 2019

FOTO:
VOOR: Monique Botes, Leoné Slabbert, Joné du Toit & Nic de Beer.
MIDDEL: Jackie van Heerden, Ilanie de Bruyn, Charmaine Ramokhola, Michelle Robertson, Angelique Toerien & Charline Chikukwe.
AGTER: Aldo van der Vyver, Manica van Schalkwyk, Makoma Pilusa, Jané Naudé, Diya Patel & Rahma Ali.


16 Voornemende graad 8-11 brons Presidentstoekenningleerders van Hoërskool Merensky het hul eerste avontuurreis vanaf 15 tot 16 Maart voltooi.

Die staptog het op die Westfalia-landgoed plaasgevind. Die Merensky-roetes, insluitende die Dr. Hans Merensky Morning Walk, met pragtige fonteine, watervalle en inheemse woude, was ‘n lus vir die oog. Op hierdie roete het die stappers geleer hoe dr. Merensky natuurlike waterbronne bewaar het. Hulle het ná ‘n kort, maar moeilike 11km die Faery Glen-kampterrein gehaal. Op hierdie eerste dag het die weer saamgespeel en die groep het selfs ‘n dip in ‘n poel met ‘n natuurlike waterval geniet.

Dag 2 se 16km het meer van ‘n uitdaging gebied. Reën teen die einde van die roete kon egter nie die geesdrif demp nie. Tot almal se moddergenot het sommiges gegly, ander het geval, maar man en muis het die einde van die tog glimlaggend bereik.

Baie dankie aan goue presteerders, Juan-Jacques Moller en Jenelle de Jonge, wat die nuwelinge vergesel het en seker gemaak het dat hulle op koers bly.