Cronjé se vierwieler loop voor

Vierwieler - Cronje Lordan

Cronjé Lordan, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Merensky is ‘n vierwielmotorfiets entoesias. Hy het onlangs aan die Impi Enduro wedren in Dundee deelgeneem.  Die driedaglange jaagtog in die silwerklas was tegniese uitdagend. Nietemin verower Cronjé die derde plek.

Sy oog is nou gerig op die “Roof of Africa” wedren wat vanaf 29 November tot 3 Desember in Lesotho plaasvind. Al die Plasies is oortuig dat beide man en masjien hul staal gaan toon en stof in die ander deelnemers se oë gaan skop.