Daniel doen dit weer

Daniel Smit

Daniel Smit, ‘n graad 10 swemmer van Hoërskool Merensky, het die nuwe jaar op ‘n hoë noot begin.

Tydens ‘n tweekampbyeenkoms in Mpumalanga op 12 Januarie het hy nie net in die o17-kategorie meegeding nie, maar ook ‘n nuwe plaaslike- en Suid-Afrikaanse rekord gebreek van 2260 punte (die vorige rekord was 2225 punte).

Daniël kwalifiseer nou om deel te neem aan die SA Kampioenskappe wat later vanjaar in Port Elizabeth gehou sal word.

Daniel en Kagiso Hoaeane (graad 9) het ook op 10 tot 13 Desember by die SA Skole Somerspele by Ellispark in Johannesburg deelgeneem. Tydens hierdie kampioenskap het Limpopo vyfde in Suid-Afrika geëindig.