Daniel is ‘n doring

Daniel Smit

Daniel Smit, veelsydige atleet van Hoërskool Merensky, het op 12 Januarie in Nelspruit, Limpopo verteenwoordig by ‘n interprovinsiale tweekampbyeenkoms.

Smit het 100m geswem en daarna 1500m gehardloop. Met ‘n spogtotaal van 2375 punte, breek hy die rekord met meer as 300 punte en kwalifiseer sodoende vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap.

Merensky staan bankvas agter Smit wanneer hy oor Paasnaweek aan die SA’s gaan deelneem.