Debat is in hul blou bloed

Jamie Robertson en Suandrie Corbett gereed vir aksie.

Suandrie Corbett en Jamie Robertson (graad 10) van Hoërskool Merensky het vir die tweede jaar aan die ATKV-debatskompetisie deelgeneem, hierdie keer in die seniorafdeling.

In die semi-finale ronde op 26 Mei, te Hoërskool Rustenburg, het hulle te staan gekom teen ‘n gedugte tweemanskap van Afrikaans Hoër Seunskool, wat gewoonlik skoonskip maak in dié kompetisie.

Suandrie en Jamie sien uit na die Afriforum “Dink-Of-Sink”-debat in September. Hier ontvang deelnemers die onderwerp kort voor deelname en kan dus nie voorberei nie. Vir flinkdinkers soos hierdie twee behoort dit geen probleem te wees nie.