Die POORT-skryfkompetisie 2016

Klarissa Nel (Gr 12)

Die POORT-Skryfkompetisie is ‘n landswye kompetisie (ook in Namibië) en vind al vanaf 1971 plaas. Hierdie kompetisie gaan jaarliks van krag tot krag. Dit is ‘n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerdes te ontdek, aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Die beste inskrywing word in die jaarlikse POORT-publikasie opgeneem.

Vanjaar het hierdie eer twee van Hoërskool Merensky se matrikulante te beurt geval. Uit honderde inskrywings is Klarissa Nel se prosastuk Vrugtevreter aangewys as een van die nasionale wenners en Freddie Lubbe se Die dag toe die voëltjies fluit en die klippies sing is een van die leerders wie se werk skryfmeriete toon. Beide leerders se skryfstukke word in die Poort-publikasie opgeneem.

Merensky is trots op hierdie leerders se uitsonderlike prestasie.