Die president sê: “Knap gedaan”!

Voor: Jenelle de Jonge, Lisa Maguire, Liza-Ri Snyman & Steph-Marie de Lange. Agter: Jan-Carel van Niekerk, Kieran Albertus & Luann Botha.

FOTO:
Voor
: Jenelle de Jonge, Lisa Maguire, Liza-Ri Snyman & Steph-Marie de Lange.
Agter: Jan-Carel van Niekerk, Kieran Albertus & Luann Botha.


Sewe graad 12 leerders van Hoërskool Merensky het sopas hul goue Presidentstoekennings ontvang. Dit bring die totale getal leerders wat tot op hede hierdie gesogte toekenning ontvang het, op 18 te staan.

Jan-Carel van Niekerk, Lisa Maguire, Jenelle de Jonge, Kieran Albertus, Luann Botha, Steph-Marie de Lange en Liza-Ri Snyman moes vir 12 maande vir hierdie finale toekenning ‘n sport beoefen, ‘n nuwe vaardigheid aanleer, 72 ure gemeenskapsdiens verrig, op ‘n staptog van 4 dae gaan, asook ‘n residensiële projek vir 5 aaneenlopende dae voltooi.

Noemenswaardig is die feit dat al hierdie leerders ook deel is van die skool se Uitvoerende Komitee (prefekte).