Dis PRET om te hardLOOP

Pretloop 2019

Woensdag 23 Januarie was D-dag vir die jaarlikse pretloop by Hoërskool Merensky.

‘n Rekordgetal Plasies het die 4,2 km sirkelroete aangepak. Hulle het by die skoolhek begin, op teen ‘n steil helling, na die natuurreservaat en terug.

Terwyl pret en speletjies die groot trekpleister was, het ‘n paar atlete die roete meer ernstig aangepak om mededingende tye te klop. Anika du Toit (junior meisies), Jenelle de Jonge (senior meisies), Franco Pretorius (junior seuns) en Terry Fogwell (senior seuns) het die eerste plekke ingeneem.