Drie in ‘n ry vir Wordworx

FOTO:

Laryn Prins, Janke Jansen van Vuren, Sharmin Labuschagne en Michaela Viljoen.


 

Die gesogte woordkunsklub by Hoërskool Merensky, getiteld “Wordworx”, doen dit weer met ‘n puik publikasie. Top bydraes van klublede, wat ‘n goeie oorsig oor die jaar se aktiwiteite bied, verskyn hierin.

Die klub vergader een maal per kwartaal, waar skrywers pen-in-die-hand hul gedagtes, drome en soms moeilike uitdagings op papier neerskribbel.

2015 sal onthou word vir die volgende opdragte: Honderd woordgedagtes oor woorde; Die skep van ‘n kleuterverhaal met behulp van ‘n handvol illustrasies; Inspirerende koerantopskrifte as titel van ‘n blitsverhaal en ‘n Eietydse fabel.

Voornemende Plasieskrywers kan reeds hul potlode slyp vir volgende jaar se toelatingsuitdaging op papier.