
FOTO:
LIMPOPO ABO 3DI KAMPIOENSKAP
Voor: Izelri Theron.
Middel: Martin Mostert, Lin-Mari Theron, Canell Jackson, Ashley Hunt en Janco Theron.
Agter: Sean Hunt en Dawie Theron.
Afwesig: Benéche Jackson, Ryan Jackson, André van der Merwe en Rikus Faurie.
Hoërskool Merensky se boogskietklub het oor die naweek van 7 April weer die wenkbroue laat lig. Die span het uitstekend gevaar by twee byeenkomste: die Noord-Gauteng binnenshuise- en die Limpopo ABO 3Di kampioenskappe.
By die Noord-Gauteng binnenshuise kampioenskap het Ryan Jackson en Canell Jackson trots met goud weggestap. Sean Hunt het silwer ingepalm, terwyl Ashley Hunt vierde geeïndig het.
Sean Hunt en Lin-Mari Theron het gesorg vir silwer by die Limpopo ABO 3Di kampioenskap, waar Canell Jackson brons ontvang het.