Dubbelkuns vir Plasiegimnas

Ezri Hugo by die SA gimnastiekkampioenskappe

Ezri Hugo, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Merensky, het haar merk gemaak nadat sy vir die tweede agtereenvolgende jaar bekroon is as die Suid-Afrikaanse kampioen in die “freedance” roetine, vlak 7 ritmiese gimnastiek.

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskappe het vanaf 1 tot 9 Oktober in Kaapstad plaasgevind, waar meer as 2800 gimnaste van regoor Suid-Afrika, asook Namibië, mekaar die stryd aangesê het.

Ezri het Limpopo verteenwoordig en het met een goue- en twee bronsmedaljes weggestap, ‘n prestasie waarop almal by Hoërskool Merensky baie trots is.