Eerste vir Merensky by SA bergfietskompetisie

SA MTB
SA MTB
Christelle Coetzer en Armand Cronjé in hul Limpopo kleure.

Ses atlete van Hoërskool Merensky het Saterdag en Sondag, 3 en 4 Oktober, deelgeneem aan die Spur SA Skole bergfietskompetisie. Al nege provinsies het deelgeneem, asook Botswana, Namibië en Zimbabwe.

Dit was die eerste keer wat Hoërskool Merensky aan hierdie kompetisie deelneem en Christelle Coetzer, Michelle Stevens, Arman Cronjé, Robert Retief, Amelia Middleton en Alex Strydom het hul baie goed van hul taak gekwyt.

‘n Skolekompetisie het Saterdag plaasgevind. Die fietsryers moes in mergelende hitte twee tot vyf rondtes van vyf kilometer elk aflê en so punte vir hul skool insamel. Christelle het hier vyfde geeïndig, met Michelle in die twaalfde plek en Armand sewe-en-twintigste.

Sondag moes die ryers, in ‘n individuele kompetisie, twee tot drie rondtes in hul onderskeie ouderdomsgroepe aflê. Christelle (o.14) het uiteindelik die derde plek ingepalm. Michelle (o.18) het veertiende oor die wenstreep gejaag en Armand (o.14) een-en-twintigste. Die ongeluk het Amelia getref, en na ‘n slegte val kon sy nie die wedren voltooi nie.

Christelle en Armand het op Sondag die Limpopo-provinsie verteenwoordig, wat algeheel in die vyfde plek geeïndig het.