Einstein op Plasieland

Sinead Delport en ‘n vriendin eksperimenteer.

FOTO
Sinead Delport en ‘n vriendin eksperimenteer.


Veertig entoesiastiese leerders van Hoërskool Merensky het op Dinsdag, 29 Augustus in die Plasies se wetenskaplaboratorium vergader om hulle hande, onder gekontrolleerde omstandighede, te waag aan gevaarlike chemiese eksperimente.

Hierdie is die eerste in ‘n reeks van verskeie akademies-verrykende aktiwiteite wat die Wetenskap Departement beplan om leerders se vaardighede spelenderwys te ontwikkel en belangstelling in die vakgebied te prikkel. Daar is eerstehands ervaar hoe chemiese reaksies groot vlamme en geraas kan maak.

Hierdie inisiatief is vanselfsprekend “Einstein-aande” gedoop en beloof om groot uitdagings vir selfs die regterbreiners op Plasieland in te hou.

[supsystic-gallery id=109 position=center]