Horse Riding

 

MHS Perdry

MHS Horse Riding

 

Horse riding is an outdoor sport that Plasies participate in.

They do participate in Merensky colors.

2017 Dates

Will be published as soon that it is available.


Horse Riding News

Plasie perderuiter het lang asem

Published on
Willie Oosthuizen, ‘n Graad 8 perderuiter van Hoërskool Merensky, het in September aan ‘n perde uithourit oor 80km op Munnik deelgeneem.  Hy en sy perd, Kaptein het behoorlik hul staal getoon toe Willie eerste in die junior kategorie (Graad 8-12) gekom het. Wat hul prestasie nog meer besonder maak is dat Kaptein ook na afloop van die kompetisie aangewys is as “the best of the best”, wat beteken dat sy kondisie in al die kategorieë die beste was. Willie ry al vandat hy 3 jaar oud is en is ‘n man wat perde ken.  Hy neem op 11 en 12 Oktober deel aan die strawwe Waterberg uithourit, waar hy beoog…
Categories: Horse Riding, Sports

Nasionale perdrykampioenskappe

Published on
Vyf leerlinge van Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie vir die Limpopo hoërskolespan deelgeneem aan die nasionale perdrykampioenskappe in die Western Mounted Games dissipline. Genevieve van der Merwe en Anri Janse van Rensburg het albei opgeskuif na vlak 4 in die ope-afdeling. Wandri Janse van Rensburg het op vlak twee een eerste, twee tweede en ‘n vyfde plek verower. Hennerien Knox het ook op tweede vlak twee eerste plekke, ‘n vierde- en vyfde plek ingepalm. Dawie van Jaarsveld en sy perd, Robyn het geskitter en het algeheel vyfde geeindig, met ‘n eersteplek, ‘n tweede plek, vier vierde plekke en ‘n vyfde plek. Die Limpopo hoërskolespan het algeheel vierde geeindig tydens…
Categories: Horse Riding, Sports

Merensky-ruiters na SA’s

Published on
Agt van Hoërskool Merensky se perderuiters is onlangs gekies om die Limpopo provinsie te verteenwoordig by die nasionale kampioenskappe. Hierdie geleentheid vind in Oktober by Misty Meadows in Bronkhorstspruit plaas. Vir skouspring (show jumping) is Laryn Bezuidenhout in die A-span opgeneem. Vir die Western Mounted Games se A-span is Mernique Potgieter, Wandri Janse van Rensburg, Dawie van Jaarsveld, Theo van der Merwe, Hennerien Knox, Anri Janse van Rensburg en Genevieve van der Merwe gekies. Van die 11 ruiters wat in die Western Mounted Games Limpopospan opgeneem is, is 7 Plasies – voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. FOTO Voor: Hennerien Knox, Genevieve van der Merwe, Wandri Janse van Rensburg en Laryn Bezuidenhout.…
Categories: Horse Riding, Sports