Swimming

 

MHS Swem

MHS Swimming

Organiser

Elri Verster
Ms Elri Verster

Coach

Ms Elri Verster

2017 Dates

27,28 January - Limpopo Championships
23-26 March - Level 3
31 March - 2 April - Level 2
1-3 April - SA Schools
3-8 April - SA camp
24 April - Season closing function
11 September - Interhouse
21 September - Interhigh
18 October - Top 10 High Schools

Swimming News

Plasies draf WIK kaf

Published on
FOTO Sheldon Muller, Janco Coetzee en Jenelle de Jonge. Hoërskool Merensky se o.19-span het eerste geeïndig in die junior-afdeling by die jaarlikse WIK-byeenkoms wat op 19 Maart te Stanford Lake College aangebied is. Met ‘n tyd van 1:15:54, en ‘n gemiddelde spoed van 16,60 km per uur, het hul letterlik in die nek geblaas van die senior wenspen. Spanlid, Jenelle de Jonge, het die 500m swem aangedurf, terwyl Sheldon Muller die speke laat sing het vir 15km in die bergfiets-been. Langasem, Janco Coetzee, het die gesorg dat die 5km berghardloop in ‘n japtrap afgehandel is. Voorwaar ‘n puik prestasie te midde van koue, nat en winderige weersomstandighede.
Categories: Cross Country, Mountain Biking, Sports, Swimming

Plasie swem goud los by streekskampioenskappe

Published on
Ronan Theron, ‘n graad 8 leerling van Hoërskool Merensky, het gedurende die Maart/April skoolvakansie deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse vlak 2 streekskampioenskappe in Germiston. Uit die 4 slae waarvoor hy ingeskryf het, het hy 2 finale rondes gehaal. Ronan eindig sesde in die finale 100m vlinderslagitem, maar verdien later goud met sy skitterende 50m vlinderslagpoging. Merensky is baie trots op hierdie staatmaker Plasie en hou sy swemtoekoms met verwagting dop.
Categories: Sports, Swimming

Doran opgeneem in Limpopo span

Published on
Veels geluk aan Doran Kleynhans, ‘n graad 10 leerder van Hoërskool Merensky, wie opgeneem is in die Limpopo swemspan. Die SA-kampioenskappe vind hierdie jaar op 9 tot 13 April plaas.
Categories: Sports, Swimming