
FOTO
Nadia Hermann, Eileen Elbrecht, Charmaine Buys, Linda Badenhorst, Theresa Erasmus, Christelle Meyer, Liezel Hermann en Marlene Olivier.
“Bly kalm en roep die sekretaresse”, weerklink inderdaad kort-kort in die Hoërskool Merensky-gange. Om dié rede het man en muis op Donderdag, 6 September, saamgestaan om hulde te bring aan die 8 super-sekretaresses van Plasieland.
Vroegdag, met hul aankoms by die skool, is die groep verwelkom deur ‘n UK-erewag. Die leerders het hul waardering vir die ekstra myl wat die “tannies” stap, uitgespreek en elkeen met ‘n geskenk bederf.
‘n Spognoenmaal, geinisieër deur die onderwysers, is mid-dag in die Appetito Restaurant voorgesit. Vir ‘n uur-of-wat kon hierdie staatmakers vergeet van die departement, telefone, besoekers, boeke en spertye en letterlik asem uitblaas.
Dit is ‘n feit: gelukkige sekretaresses dra by tot die suksesstorie wat Plasieland is.