Erkenning vir nasionale olimpiade

Verliza Fox, Mia Nkuna, Rain Terblanche, Sheila Bhuiyan, Yasmine Joubert & Ilanie de Bruyn.

FOTO:
Verliza Fox, Mia Nkuna, Rain Terblanche, Sheila Bhuiyan, Yasmine Joubert & Ilanie de Bruyn.


Graad 8- en 9-leerders van Hoërskool Merensky het weereens laat in 2018 die geleentheid benut om aan die nasionale Afrikaanse Olimpiade deel te neem. Die ATKV bied jaarliks hierdie kompetisie aan om leerders se kennis van die Afrikaanse taal te toets.

Drie leerders, Sheila Bhuiyan, Mia Nkuna en Rain Terblanche het vir die eerste addisionele afdeling ingeskryf. In hierdie afdeling was daar 1510 deelnemers vanoor die land.

‘n Viertal Plasies het in die huistaalafdeling saam met 1315 ander deelnemers taalsake uitgespook. Ilanie de Bruyn het die beste gevaar, gevolg deur Verliza Fox, Yasmine Joubert en Rochelle Volschenk.