
FOTO:
Frikkie Deysel, Ryan Jackson, Bulletjie, Kesia Pohl en Ruëtte Schoeman.
Hoërskool Merensky se jaarlikse Frikkie Deysel-piekniek het op Woensdag, 25 April 2018, gedurende pouse plaasgevind. Die tema van die dag was “Trotse Suid-Afrikaners”.
Leerders het kleurvol volgens hulle kultuur aangetrek. Leerders het piekniekmandjies saamgebring en die graad 12’s het heerlik gekuier om braaivleisvure.
Onderwysers en kantoorpersoneel is ook getrakteer met ‘n heerlike piekniekpakkie.