Goeie wegspring vir Merensky

Elandri Janse van Rensburg en Lané Kasselman in graad 7.

FOTO:
Elandri Janse van Rensburg en Lané Kasselman in graad 7.


41 van Hoërskool Merensky se atlete het op Saterdag, 20 Oktober, aan die jaarlikse Marius Lengton Atletiekbyeenkoms by HTS Tom Naudé in Polokwane deelgeneem.

Atlete van 16 skole het by hierdie voorseisoen oefenbyeenkoms deelgeneem. Merensky het algeheel vierde geeïndig.

Elandri Janse van Rensburg, ‘n toekomstige Plasie, het sommer vroeg-vroeg haar merk gemaak toe sy as o.13-atleet saam met die o.14-groep deelgeneem het. Sy verdien goud in spiesgooi, nadat sy die spies 36.12m ver geplant het. Hiermee verdien sy 1029 punte op die ABSA-tabel. Sy wen ook beste dogtersatleet van die dag.

Nog goeie prestasies is Leané Heydenrych wat ‘n eersteplek opgeraap het met haar 1.55m sprong in die o.14 dogters hoogspring. Sy verdien 955 punte op die ABSA-tabel.

Ethan Herman, o.16 seuns spiesgooi, vat ook goud huistoe met sy afstand van 44.83m.

Merensky sien met verwagting uit na die 2019 atletiekseisoen, veral omdat die interhoër in Februarie op Plasiepark gaan plaasvind.