Goud, silwer en brons vir Plasie-skuts

Sean en Ashley Hunt en Canell en Benéche Jackson.

FOTO:
Sean en Ashley Hunt en Canell en Benéche Jackson.


Vier Merensky Boogskietklubskuts, Sean en Ashley Hunt en Canell en Benéche Jackson, het op Saterdag, 27 Januarie, aan die Pretoria Binnenshuise Boogskietkampioenskap te Doornpoort deelgeneem.

Die skuts moes 60 pyle, oor 12 rondes, op ‘n afstand van 20 jaard afskiet. In elke ronde moes 5 pyle binne 4 minute afgelewer word.

Sean Hunt (YAMFU) en Canell Jackson (JFBU) wen elkeen hul klas en Canell skiet ‘n provinsiaal kwalifiserende telling.

Ashley Hunt (JFFU) skiet ‘n persoonlike beste en ontvang ‘n silwer medalje. Benéche Jackson (AFFU) ontvang brons.