Goud vir Canell

Goud vir Benno Kotze (Laerskool Tzaneen) en Canell Jackson.

Op 4 en 5 Maart het Hoërskool Merensky se Canell Jackson aan die Mpumalanga Provinsiale Veldkampioenskappe te De Voetpadkloof, naby Middelburg, deelgeneem.

Die ruwe bergbaan was vir elke deelnemer ‘n groot uitdaging met fel son en gure wind waarmee rekening gehou moes word.

Canell mis haar nasionale kwalifisering met 4 punte, maar stap trots weg met ‘n goue medalje.

FOTO
Goud vir Benno Kotze (Laerskool Tzaneen) en Canell Jackson.