Goud vir Plasie by SA’s

DIE PLASIESPAN Martin Mostert, Dewald Haagner, Ashley en Sean Hunt, Ryan Jackson, Dawie en Lin-Mari Theron, Canelle en Benéche Jackson.

FOTO:
DIE MERENSKY-BOOGSKIETSPAN
Martin Mostert, Dewald Haagner, Ashley en Sean Hunt, Ryan Jackson, Dawie en Lin-Mari Theron, Canelle en Benéche Jackson.


Hoërskool Merensky se boogskietklub het rede om fees te vier. Na ‘n 3-dag lange SA-veldkampioenskap te Klippan in Mpumalanga, het die klub op 18 Maart ‘n handvol medaljes huistoe gebring.

Ten spyte van koue, nat en winderige omstandighede het die blou en geel ‘n moeilike baan vasberade kafgedraf.

Dewald Haagner (graad 11) verdien sterstatus met sy gouemedalje in die YAMBU-afdeling.

Sean Hunt (YAMFU), Canell Jackson (JFBU) en Lin-Mari Theron (YAFBU) spog met silwermedaljes en Ryan Jackson (YAMFU) skiet ‘n brons los.

Benéche Jackson (AFFU) en Ashley Hunt (JFFU) het albei vyfdeplekke behaal, met Dawie Theron (AMBU) ‘n agtste- en Janco Theron (AMBU) ‘n tiendeplek.

Canell en Lin-Mari is nou trotse draers van nasionale kleure, terwyl Canell en Benéche, Lin-Mari en Martin Mostert ook hul provinsiale kleure tydens die kompetisie verwerf.