
FOTO:
Mnr. Wiam Haddad inspireer toekomstige wetenskaplikes.
Op Woensdag, 7 Februarie, het mnr. Wiam Haddad, ‘n ekoloog van ZZ2, die woord gevoer by Hoërskool Merensky se kwartaallikse Einstein-aand. Hierdie akademiese verrykingsgeleentheid word gereël vir wetenskapleerders.
Haddad het sy MSc Omgewingswetenskap cum laude aan die universiteit van Kwazulu-Natal behaal.
Haddad het sy wedervaringe van ‘n jaarlange besoek aan die Marion-eilande met die Plasies gedeel. Tydens die insiggewende praatjie, het hy die plant- en dierelewe van die eiland in detail bespreek en die gehoor geinspireer om met nuwe oë na dié unieke ekologie te kyk.