Halfdosyn nuwe leerkragte op Plasieland

FOTO:

Voor: Chanté van Niekerk, Elzette Hay, Verena van Heerden
Agter: Colin du Plessis, Sietske van Tol, Frik Dohse


 

Hoërskool Merensky is trots op ‘n volle halfdosyn nuwe leerkragte wie hierdie jaar by die wenspan aangesluit het.

Mnr. Frik Dohse kom van Phalaborwa, en bied Tegniese Tekeninge, Tegnologie en Natuurbewaring aan. Me. Elzette Hay is ‘n oud-Plasie en is verantwoordelik vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans en Engels Eerste Addisionele taal. Mnr. Colin du Plessis was verbonde aan Tukkies, en het ‘n vakpakket met onder meer Natuurbewaring, Geskiedenis en Engels Eerste Addisionele Taal. Mev. Verena van Heerden is verantwoordelik vir Ekonomie en Rekeningkunde. Me. Chanté van Niekerk is ‘n boorling van Durban en gaan Engels Huistaal en Natuurwetenskap aanbied. Me. Sietske van Tol het Westfalia verlaat en bied nou Wetenskap aan.