Hallo en Koebaai

Hoërskool Merensky verwelkom mnr. Stebian van der Walt by die Plasiespan. Hy sal voortaan as “mnr. Krieket” bekendstaan, aangesien hy verantwoordelikheid aanvaar het vir krieketafrigting op Plasieland.

Van der Walt is ‘n gekwalifiseerde Krieket Suid-Afrika vlak 3 afrigter. Tans is hy die hoofafrigter van die Limpopo Senior Landelike span, asook hulpafrigter vir die Limpopo Senior Provinsiale span. In 2018 het hy die Titans Cubs (o.19 Titans), die Titans Colts (Akademiese Titans) en die Coca-Cola Limpopo o.19-span afgerig. Hy bestuur ook reeds die afgelope 10 jaar sy eie krieketakademie.

Plasie-krieket sien met verwagting uit na die krieketseisoen.

Terselfdertyd moes die Plasies totsiens sê aan mnr. Boela Venter, ‘n kranige rugbyspeler wat voortaan sy droom as professionele rugbyspeler by die Valke sal uitleef. Dankie, mnr. Venter, die Plasies hou die TV-skerms dop!