Heldedag op Plasieland

BESTE PAARTJIE: Tayla Jansen van Vuuren en Jordan Viviers.

Elke Plasie het op Dinsdag, 6 September die geleentheid gehad om sy geheime “Super Hero / Villain” karakter op die skoolterrein bekend te stel. Jurie Wilders en Hayley Stephenson was die individuele wenners, terwyl Tayla Jansen van Vuuren en Jordan Viviers die prys vir die beste paartjie losgeslaan het.

Te oordeel aan die sukses en massadeelname, mag hierdie inisiatief dalk by die tradisie-pakket van Hoërskool Merensky gevoeg word.

Op dieselfde dag is geskiedenis gemaak toe die skool vir Koeitjie, wie jare lank die gees op Plasieland aangewakker het, gegroet het. Koeitjie tree nou af en kan in die museum besigtig word. Gelukkig is Bulletjie steeds op sy pos om Plasieland blou te verf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *